Hemel Op Tafelberg

Eerste soen kan ek onthou
Laurika op die radio
Ek lewe 'n lied
En jy's my nommer een

Jy's lief vir my en ek vir jou
En saam het ons 'n huis gebou
'n Klein begin
Maar dis genoeg vir nou

En dis hemel op Tafelberg
Daar's 'n engel wat langs my lê
En dis alles wat ek wil hê
Ooh en dit reën in die Klein Karoo

Daar is goud nou op die koringlande
Daar's 'n stilte in my gemoed
En dis alles wat ek wil sê
Ooh ja dit reën in die Klein Karoo

In liefde het ons saam geleer
Opgestaan en weer probeer
Druk my vas en soen my nog 'n keer

As trane oor my wange rol
Voel ek jou hart hier binne my
Vanaand sien ek my kinders in jou oë

En dis hemel op Tafelberg
Daar's 'n engel wat langs my lê
En dis alles wat ek wil hê
Ooh en dit reën in die Klein Karoo

Daar is goud nou op die koringlande
Daar's 'n stilte in my gemoed
En dis alles wat ek wil sê
Ooh ja dit reën in die Klein Karoo

Jy's my hemel
Jy's my engel
Jy's hier by my, by my

En dis hemel op Tafelberg
Daar's 'n engel wat langs my lê
En dis alles wat ek wil hê
Ooh en dit reën in die Klein Karoo

Daar is goud nou op die koringlande
Daar's 'n stilte in my gemoed
En dis alles wat ek wil sê
Ooh ja dit reën in die Klein Karoo

En dis hemel op Tafelberg
Daar's 'n engel wat langs my lê
En dis alles wat ek wil hê
Ooh en dit reën in die Klein Karoo

Daar is goud nou op die koringlande
Daar's 'n stilte in my gemoed
En dis alles wat ek wil sê
Ooh ja dit reën in die Klein Karoo

Beliebteste Lieder von Dubble Trubble

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)