Die Herinnering

Hi daar
Lanklaas gesien
Is daar 'n held in jou lewe?
Is daar iemand wat jou bedien?

Ons draaie
Het jou nie verander
Jou oë kyk steeds dwarsdeur my en nog alles van my vasvang

As jy wil gaan
Sal ek verstaan
En as jy wil bly
Moet ek bely

Vanaand bou ons 'n herinnering
Jy's welkom in my binnekring
Help my bou, help my bou
Aan die herinnering

Vanaand wil
Ek nêrens anders wees
Verbeel ek my jy wil ook nie gaan, los alles bly net by my

En deel weer
Met my 'n bottel wyn
Kom ons draai die tyd se arms terug, raak weg in hierdie oomblik

Maar as jy wil gaan
Sal ek verstaan (Sal ek verstaan)
En as jy wil bly
Moet ek bely (Moet ek bely)

Vanaand bou ons die herinnering
Jy's welkom in my binnekring
My wonder, my wonder
Soet herinnering

Een aand se oorgee aan ons drome
Maak hierdie lewenspad van ons
Weer volkome

En as jy wil gaan
Sal ek verstaan
En as jy wil bly
Moet ek bely

Vanaand bou ons die herinnering
Jy's welkom in my binnekring
My wonder, my wonder

Vanaand bou ons die herinnering
Jy's welkom in my binnekring
My wonder, my wonder
My wonder, my wonder
Soet herinnering

Beliebteste Lieder von Jo Black

Andere Künstler von Pop rock