Se my Mamma

As ons kon terug vat wat ons sê
Woorde wat soos klippe in ons harte lê, hoekom maak ons seer?
En doen dit keer op keer?

Hierdie dans het ons al moeg gedans
Omgedraai altyd 'n tweede kans, hoekom stamp ons kop?
Wanneer gaan dit stop?

So sit 'n bietjie Springsteen op die radio, laat die ou dae vir oulaas aan ons vas kan klou
Betty Davis Eyes wat ons saam kan sing en 'n nuwe bottel wyn op 'n weer begin

Sê my Mamma, het jy my nog lief?
Kom ons voel weer bietjie jonk, kom ons raak weer verlief
Sê my Mamma
Al word ons oud sal ons vure aanhou brand in 'n wêreld koud

Want jy is waar jou hart is en jou hart is my huis, kom ons dans om die tafel in ons ou kombuis
Jy is waar jou hart is en jou hart is my huis, kom ons dans om die tafel in ons ou kombuis

Die lewe kan ook soms vir jou 'n grondpad gee
Al is еk kaalvoet, ek loop hom weer, elke afdraai pad
Lеi my na jou hart

Jou hand in myne is hoe dit hoort
Ek en jy vir altyd want soort soek soort, jy's my donkerwolk
Se goue rand

So sit 'n bietjie Springsteen op die radio, laat die ou dae vir oulaas aan ons vas kan klou
Betty Davis Eyes wat ons saam kan sing en 'n nuwe bottel wyn op 'n weer begin

Sê my Mamma, het jy my nog lief?
Kom ons voel weer bietjie jonk, kom ons raak weer verlief
Sê my Mamma
Al word ons oud sal ons vure aanhou brand in 'n wêreld koud

Want jy is waar jou hart is en jou hart is my huis, kom ons dans om die tafel in ons ou kombuis
Jy is waar jou hart is en jou hart is my huis, kom ons dans om die tafel in ons ou kombuis

Sê my Mamma, het jy my nog lief?
Kom ons voel weer bietjie jonk, kom ons raak weer verlief
Sê my Mamma
Al word ons oud sal ons vure aanhou brand in 'n wêreld koud

Want jy is waar jou hart is en jou hart is my huis, kom ons dans om die tafel in ons ou kombuis
Jy is waar jou hart is en jou hart is my huis, kom ons dans om die tafel in ons ou kombuis

Want jy is waar jou hart is en jou hart is my huis, kom ons dans om die tafel in ons ou kombuis

Beliebteste Lieder von Jo Black

Andere Künstler von Pop rock