Het Jy Dalk die Sleutel

Elke aand slaap ek met wolke bo my bed
Elke aand droom ek van iets wat ek nie het
Warm arms hier om my
Ware liefde het my weer laat seerkry

Al my hoop en al my drome is weggepak
Toegedraai en mooi gebere daar op die rak
Ek kon doen met die spasie
Ek wou bewys liefde is nie my baas nie

Het jy dalk die sleutel wat my hart weer oop kan sluit?
Het jy dalk die sleutel wat my hart weer oop kan sluit?

Ek hou aan kyk maar selfs die sterre wil nie skyn
En die maan het in die donkerte verdwyn
Ek weet dat dit daar is
Ek soek na die tekens dat liefde nog waar is

My hart is nog in my verlede vasgevang
Ek besef dit is weer tyd om aan te gaan
Ek soek net die rigting
Sal iemand my weer op die regte pad bring?

Het jy dalk die sleutel wat my hart weer oop kan sluit?
Het jy dalk die sleutel wat my hart weer oop kan sluit?

As ek my hart dan vir jou oop maak
Sal jy belowe dat jy vir my ook plek sal maak?

Daar is tye wat ek iemand nodig kry
Een wat my verstaan en ook so voel oor my
Ek soek insperasie
Ek's moeg vir alleen wees, kom vul die spasie

Het jy dalk die sleutel wat my hart weer oop kan sluit?
Het jy dalk die sleutel wat my hart weer oop kan sluit?

As ek my hart dan vir jou oop maak (Hart vir jou oop maak)
Sal jy belowe om plek te maak?
'n Plek hier waar ek by jou kan bly?
Waar ek en jy nooit weer, nooit weer sal seerkry

Het jy dalk die sleutel wat my hart weer oop kan sluit?
Het jy dalk die sleutel van my hart?
Het jy dalk die sleutel van my hart?

Beliebteste Lieder von Pieter Koen

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)