Oom, Wie's Jou Oom?

Ek was drie-en-twintig jare oud gewees, toe't ek getrou met 'n weduwee
En nes my pa het haar dogter daar kom intrek by ons twee
Toe sy agtien word het my pa gevra, en my stiefdogter sê toe ja
O gonna nou's my pa my skoonseun, en my dogter is my ma

Ek en my vrou het oor die tou getrap en toe's ons eerste baba daar
Hy was nie net my seun nie, hy was ook my pa se swaar
So my seun is ook my oom, en glo my, dinge raak nog rowwer
Omdat my seun my oom is, is hy ook die broer van my stiefma se rooikop dogter

Oom, wie's jou Oom? (Wie's jou Oom)
Moenie jy vir my Oom sê nie
Ek het nie jou tannie gedruk, gesoen, gevry nie

Oom, wie's jou Oom? (Wie's jou Oom)
Moenie jy vir my Oom sê nie
Ek het nie jou tannie gedruk, gesoen, gevry nie

My pa was sterk want Viagra werk en sy vrou word toe geseën
So nou het ek 'n kleinkind, want hy's my dogter se eerste seun
My vrou is nou my ma se ma en nou begin dit spook
Ek is bly dat sy my vrou is, maar nou is sy my ouma ook

Nou as my vrou my ouma is, dan is ek mos haar kleinkind
Dit klink na 'n deurmekaar spul, maar dit laat 'n mens bietjie dink
Ek is getroud met my ouma, en hiermee maak ek klaar
Ek is my eie oupa, ek weet dis raat, maar dis waar

Oom, wie's jou Oom? (Wie's jou Oom?)
Moenie jy vir my Oom sê nie
Ek het nie jou tannie gedruk, gesoen, gevry nie

Oom, wie's jou Oom? (Wie's jou Oom)
Moenie jy vir my Oom sê nie
Ek het nie jou tannie gedruk, gesoen, gevry nie

Ja daar is snaakse goed in my familieboompie
Maar ek waarsku jou passop vir jou want ek is nie jou Oom nie
Ek's nie jou Oom nie, ek's nie jou Oom nie

Oom, wie's jou Oom? (Wie's jou Oom?)
Moenie jy vir my Oom sê nie (Wie's jou Oom?)
Ek het nie jou tannie gedruk, gesoen, gevry nie

Oom, wie's jou Oom? (Wie's jou Oom?)
Moenie jy vir my Oom sê nie
Ek het nie jou tannie gedruk, gesoen, gevry nie
Ek het nie jou tannie gedruk, gesoen, gevry nie
Ek het nie jou tannie gedruk, gesoen, gevry nie

Wie's jou Oom?

Beliebteste Lieder von Pieter Koen

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)