Die Kleur Van My Vel

En al wat ek is lê in wat ek kan doen
My hande draai skroewe om geld te kan soen
Ek sweet elke dag sodat ons kan bestaan
Van 7 tot 5 laat die ure vergaan
En elke man hier hou net aan om te bid
Dat daai leiers vir ons nie op straat sal laat sit
Maar ek weet
Dis nou my beurt

Maar hierdie hande, hierdie hande werk vir jou
Maar my land, o hierdie land wil my nie hou
Wil net werk vir ‘n lewe
Vir my kind en my vrou
Maar my ewige hel
Is dat hull my vertel
Dis die kleur van my vel

Ek smeek in die pad motors ry net verby
En elke ryk man kyk met vrees neer op my
My hande lê swak om los sente te vang
Die honger en vrees maak die sterkste man bang
Want elke man hier hou net aan om te bid
Dat daai leiers vir hul nie op straat sal laat sit
Want wie weet
Dis dalk jou beurt

Maar hierdie hande, hierdie hande werk vir jou
Maar my land, o hierdie land wil my nie hou
Wil net werk vir ‘n lewe
Vir my kind en my vrou
Maar my ewige hel
Is dat hul my vertel
Dis die kleur van my vel

Maar hierdie hande, hierdie hande werk vir jou
Maar my land, o hierdie land wil my nie hou
Wil net werk vir ‘n lewe
Vir my kind en my vrou
Maar my ewige hel
Is dat hul my vertel
Dis die kleur van my vel

Maar my ewige hel
Is dat hul my vertel
Dis die kleur van my vel

Wissenswertes über das Lied Die Kleur Van My Vel von Bok Van Blerk

Wann wurde das Lied “Die Kleur Van My Vel” von Bok Van Blerk veröffentlicht?
Das Lied Die Kleur Van My Vel wurde im Jahr 2009, auf dem Album “Afrikanerhart” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Bok Van Blerk

Andere Künstler von Pop rock