Konyne

In neentien vier en neentig
Kom ‘n ommeswaai
Alles sou verander
En ons waai goodbye
Twintig jare later, kyk waar staan ons nou
Ons pelle het hul kans verbrou

Ons manne oor die water sê als kom nie terug
Ons stuur ‘n noodsyn uit, maar toe verdwyn daai lig
Ons begin toe almal dink ons kort ‘n beter plan
Want ons nommers kwyn met elke man

Almal soos konyne
Kinders by dosyne
Kom ons bou ‘n stem
Om eendag weer te wen

Almal soos konyne
Kinders by dosyne
Kom ons bou daai stem
Om die verkiesing weer te wen

Honderde gesogtes en een groot skandaal
Honderde beloftes waarvoor ons moet val
Laat ‘n mens besef dit bly nogsteeds jou plig
Om op te bou wat was gestig

Almal soos konyne
Kinders by dosyne
Kom ons bou ‘n stem
Om eendag weer te wen

Almal soos konyne
Kinders by dosyne
Kom ons bou daai stem
Om die verkiesing weer te wen

Oor ‘n honderd jaar van nou sal iemand oor vertel
Dat lank gelede was ‘n land in diepe hel
Maar iemand het gedink, en ‘n plan beraam
En daaroor stem ons almal saam

Almal soos konyne
Kinders by dosyne
Kom ons bou ‘n stem
Om eendag weer te wen

Almal soos konyne
Kinders by dosyne
Kom ons bou daai stem
Om die verkiesing weer te wen

Om eendag weer te wen
Om die verkiesing meer
Te wen

Wissenswertes über das Lied Konyne von Bok Van Blerk

Wann wurde das Lied “Konyne” von Bok Van Blerk veröffentlicht?
Das Lied Konyne wurde im Jahr 2010, auf dem Album “My Kreet” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Bok Van Blerk

Andere Künstler von Pop rock