So Waai Die Wind

My oupa raak te oud
Vir al sy kwale
En hy raak ook soms beneuk
Maar daars 'n goeie man
En hy nader ses en tagtig
En deur die lyne van sy oë
Deur die oorloë van verandering
Kan jy sien hy's nou gedaan

En sy oë word gou weer lig
En ek sien daar kom 'n storie
Van die jare toe ons mense
Vir beskerming gepleit het
Was 'n broederbond gebore
En hy sien my oë frons
Maar die vuur van al die jare
Loop steeds nog deur sy are

En so waai die wind, my kind
En so waai die wind, ons blind
En so waai die wind, my kind
Mos alles weg
Maar dis diep in jou gebore
Dat niks is ooit verlore

En hy vra my deur die stories
Van hoe gaan dit nog op Maties
En of ons nog ons taal praat
Want hy weet dis uit ons boeke
En hy wens vir my 'n vrou toe
Wat die haat 'n bietjie stil kan maak
Want dit loop mos deur ons are
Word net sterker deur die jare

En so waai die wind, my kind
En so waai die wind, ons blind
En so waai die wind, my kind
Mos alles weg
Maar dis diep in jou gebore
Dat niks is ooit verlore

En hy hoef dit nie te sê nie
Want dis in sy oë
'n Trots wat my laat skaam voel
'n Trots van bo

En so waai die wind, my kind
En so waai die wind, ons blind
En so waai die wind, my kind
Mos alles weg
Maar dis diep in jou gebore
Dat niks is ooit verlore
Ja, dis diep in jou gebore
Dat niks is ooit verlore

Wissenswertes über das Lied So Waai Die Wind von Bok Van Blerk

Wann wurde das Lied “So Waai Die Wind” von Bok Van Blerk veröffentlicht?
Das Lied So Waai Die Wind wurde im Jahr 2006, auf dem Album “De la Rey” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Bok Van Blerk

Andere Künstler von Pop rock