Nader Aan Jou (Van "Klein Karoo 2")
Nader aan jou
Dis asof ek wakker word vir die eerste keer
‘n Dag wil breek na die donker nag, ek sien jou weer
Ek's so gewoond aan die lyne - die maniere van jou lyf
Skielik, skielik word jy meer
Ek moet opkom vir asem
Dis net jy wat my vervul
So naby maar jy trek my nader
Voel jou hartklop hier teen my vel
Die ritme van jou asemhaling
Trek my dieper - steeds dieper in
Die hitte oor jou lyf se lyne
Is ‘n vuur wat spoel oor my siel
My naam wat vorm op jou lippe
Trek my nader, nader aan jou
Nader aan jou
‘n Deur gaan oop, ‘n deur gaan toe vir ‘n ander een
‘n Hart maak toe, ‘n hart maak oop vir die regte een
Ek's so gewoond aan die mure, buitelyne van my pyn
Skielik, skielik het ek jou