Afrikaans Sal Bly

Hoe sou dit wees?
As jy kon wees wie jy is
As jy kon leef
Sonder vrees in jou hart
Sou jy kan trots wees
Op Ingrid en Antjie se werk
Sou die kleur van jou vel net 'n klein deel vertel
Van wie jy is

Wat as ek sê daar is meer as bloed in jou hart?
Wat as ek sê daar is plek vir my en jou in ons land?
Sou jy my glo as ek sê ons moet veg vir dit wat ons een maak?
Afrikaans, jy's meer as 'n taal
Jy's wat ons laat sin maak

Sal jy jou oë omsluit
Vir wat om ons aangaan?
Sal jy as die jeug
Bou en laat voortgaan?
Sal jy uit Psalms
Ons land weer as almal s'n erken?
Sal jy saam ons bid
Dat Hy ons land sal seën?

Wat as ek sê daar is meer as bloed in jou hart?
Wat as ek sê daar is plek vir my en jou in ons land?
Sou jy my glo as ek sê ons moet veg vir dit wat ons een maak?
Afrikaans, jy's meer as 'n taal
Jy's wat ons laat saak maak

Ons kan beter wees, verseker
Ons almal smag na eenheid in ons land
Wat jy soek sal jy kry
Afrikaans sal bly

Wat as ek sê daar is meer as bloed in jou hart?
Wat as ek sê daar is plek vir my en jou in ons land?
Sou jy my glo as ek sê ons moet veg vir dit wat ons een maak?
Afrikaans, jy's meer as 'n taal
Jy's wat ons laat sin maak

Afrikaans, jy's meer as 'n taal
Jy's wat ons laat saak maak

Afrikaans, jy's meer as 'n taal
Dis jy wat ons een maak

Wissenswertes über das Lied Afrikaans Sal Bly von Elandre

Wann wurde das Lied “Afrikaans Sal Bly” von Elandre veröffentlicht?
Das Lied Afrikaans Sal Bly wurde im Jahr 2017, auf dem Album “Kleindorp-Dromer” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Elandre

Andere Künstler von Pop rock