Hand Aan Hand

Soms is jy naby, soms ver van my
Sulke dae wens ek maar die tyd verby
Of kyk ek maar na die foto’s wat ek hou
Van ons in verre lande en van jou

Soms loop ek agter en jy loop voor
Jy weet soms soek ek maar net met jou skoor
Maar op die ou end gee ons maar oor
Teen jou sal ek enige dag verloor

Maar ek bly net hier vanaand
Ja, ek bly net hier vanaand

Hand aan hand net soos dit behoort, hart teen hart genoot
Op die rand, om elke liewe deel van jou tyd te steel
Kyk hoe daag ek op vir jou kan ons dit net so hou
Ek maak die meeste, voel nog nes die eerste keer
Ja, hand aan hand en ek bly net hier vanaand

Jy weet net hoe om my op te wek
Jy is die naam wat hang hier om my nek
Jy’t kom lê in my hart se bêreplek
Twee foto’s in een raam, dis jy en ek

Maar ek bly net hier vanaand
Ja, ek bly net hier vanaand

Hand aan hand net soos dit behoort, hart teen hart genoot
Op die rand, om elke liewe deel van jou tyd te steel

En hand aan hand net soos dit behoort, hart teen hart genoot
Op die rand, om elke liewe deel van jou tyd te steel
Kyk hoe daag ek op vir jou kan ons dit net so hou
Ek maak die meeste, voel nog nes die eerste keer
Ja, hand aan hand en ek bly net hier vanaand

Beliebteste Lieder von Elandre

Andere Künstler von Pop rock