Hier's Ons Nou [Lewendige Opname]

Hier's ons nou
Jy in wit
My hande sweet
Ek staan en ruk
Ons word een

Daar's talle waarvan ek kon kies
My hart se wortels lê presies
In lyn met joune

Albei ons ouers kyk trots
Ek belowe ek sal jou nooit los nie

Jy's meer as my hart
Jy's meer as my siel
Ek belowe om te wees wat ookal jy verdien

Hier's ons nou
Man en vrou
Ons kinders groot
Ek's nog altyd lief vir jou

Jy's meer as my hart
Jy's meer as my siel
Ek belowe om te wees wat ookal jy verdien

En soveel jare op net geloof
Ek sal dit weer en weer aan jou beloof

Jy's meer as my hart
Jy's meer as my siel
Ek belowe om te wees wat ookal jy verdien

Jy's meer as my hart
Jy's meer as my siel
Ek belowe om te wees wat ookal jy verdien

Hier's ons nou
Oud en grys
‘n Lewe saam
Aan die einde van ‘n reis
En jy's nog mooi vir my
Nog altyd mooi vir my

Wissenswertes über das Lied Hier's Ons Nou [Lewendige Opname] von Elandre

Wann wurde das Lied “Hier's Ons Nou [Lewendige Opname]” von Elandre veröffentlicht?
Das Lied Hier's Ons Nou [Lewendige Opname] wurde im Jahr 2017, auf dem Album “Sinkplaat Sessies” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Elandre

Andere Künstler von Pop rock