Plek Sonder Naam [Lewendige Opname]

Die son sak weg jy sê jy's moeg vir die plek jy wil asem haal
Jy't 'n boek vol drome en verlore wense wat ons moet gaan haal

Jy vra hoe vind ons 'n plek in die son kleindorp-dromers ons sal hier uitkom
Jy voel die wêreld raak te klein jy is bang jy gaan verdwyn

Ons vat die draaie tot die pad opraak
Ons weet nie waarheen nie, maar maak dit saak
Sny ons deur die nag musiek speel oor jou lag
Vanaand vlug ons saam na 'n plek sonder naam

Ek wil nie dink nie, ek wil jou ontvoer
Ek wil nie meer verduidelik hoe ek voel
Kom ons breek die reëls as die wêreld ons verveel
Vanaand vlug ons saam na 'n plek sonder naam

Staan op die sitplek ons is amper daar, verby geen berou
Iewers tussen verlief en verlore, ek sien net vir jou

Jy vra is dit te laat om om te draai ek sê gister lê in jou boonste laai
Moenie wag om nou om te kyk nie
Ons weet mos nie hoe môre lyk nie

Ons vat die draaie tot die pad opraak
Ons weet nie waarheen nie, maar maak dit saak
Sny ons deur die nag musiek speel oor jou lag
Vanaand vlug ons saam na 'n plek sonder naam

Ek wil nie dink nie, ek wil jou ontvoer
Ek wil nie meer verduidelik hoe ek voel
Kom ons breek die reëls as die wêreld ons verveel
Vanaand vlug ons saam na 'n plek sonder naam

Ons sal weet as ons die plek vind
Tussen die stof en die bergwind
Solank dit lyk soos jy is dit fine met my
Met my
Met my

Ons vat die draaie tot die pad opraak
Ons weet nie waarheen nie, maar maak dit saak
Sny ons deur die nag musiek speel oor jou lag
Vanaand vlug ons saam na 'n plek sonder naam

Ek wil nie dink nie, ek wil jou ontvoer
Ek wil nie meer verduidelik hoe ek voel
Kom ons breek die reëls as die wêreld ons verveel
Vanaand vlug ons saam na 'n plek sonder naam

'n Plek sonder naam

'n Plek sonder naam

Wissenswertes über das Lied Plek Sonder Naam [Lewendige Opname] von Elandre

Auf welchen Alben wurde das Lied “Plek Sonder Naam [Lewendige Opname]” von Elandre veröffentlicht?
Elandre hat das Lied auf den Alben “Kleindorp-Dromer” im Jahr 2017 und “Sinkplaat Sessies” im Jahr 2017 veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Elandre

Andere Künstler von Pop rock