Tussen Die Lakens

Tussen die lakens
Mis ek jou lyf
Kollekteer ek wapens
Om geeste uit te dryf

Ja, tussen die lakens
Raak ek te skaam
Lees jy vir my woorde
Al wat ek sing is jou naam

Ek onthou jou
Op my vensterbank sit en
En in een sekonde
Was my grys hart weer wit

Jy met jou hare
En ek met my trane
Soos jy vir my sê
Dat jy oor die water gaan

Sit my in jou sak
Soek my waar jy gaan
En kyk so nou en dan
Op na die maan
En weet ek kyk ook
En ek onthou
Ja, ek onthou jou

Tussen die lankens
Het ons beloof
Al rol al die houe
Sal ons hou aan ons geloof

Maar op hierdie oomblik
Is jy vêr en bereid
Ek sien 'n kroon
En jy gaan agteruit

Ek onthou jou
Op my vensterbank sit
En in een sekonde
Was my grys hart weer wit

Jy met jou hare
En ek met my trane
Soos jy vir my sê
Dat jy oor die water gaan

Sit my in jou sak
Soek my waar jy gaan
En kyk so nou en dan
Op na die maan
En weet ek kyk ook
En ek onthou
Ja, ek onthou jou

Wat as ons kon grootword met die lewe wat ons soek?
Hoekom sit ons al die dromers almal in 'n hoek?
Toe ek jou ontmoet het was ons altwee nog te jonk
Vir werk en stres en stories van ons vriende in die tronk

Dalk as ek kon oor begin sou als nou anders wees
Ek sou meer terugbel en die lewe bietjie leef
Arm maar geduldig, ja, my pa was dalk tog reg
Here, jammer as ek moeilik was, maar hoërskool was te erg

Sit my in jou sak
Soek my waar jy gaan
Kyk so nou en dan
Op na die maan
En weet ek kyk ook
En ek onthou
Ja, ek onthou jou

Ja, ek onthou jou
Ja, ek onthou jou

Wissenswertes über das Lied Tussen Die Lakens von Elandre

Wann wurde das Lied “Tussen Die Lakens” von Elandre veröffentlicht?
Das Lied Tussen Die Lakens wurde im Jahr 2019, auf dem Album “Boomhuis” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Elandre

Andere Künstler von Pop rock