Die Taal Van My Hart

Kyk die son skyn in die hemel
Dis die einde van die dag
Ek was verdwaal in die donker
Ek het my pad weer teruggevoel

En vroer was ek ryk aan woorde
Maar nou's ek stiller ek het verander
Maar my stem my stem bly brand
Dit is my vuur kom maak jou warm

Hoor die taal van my hart
Hoor die taal van my hart
En al klink ek soms gebroke
Gebroke en verward
Dit is die taal van my hart

Ek het my spieëlbeeld sien val
Hy lê aan skerwe op die grond
Ek het myself leer ken
As ‘n held en as 'n hond

Daar is so weinig meer oor
Van al my woede en geweld
Maar ek ken ook nou my donker kant
Ek het vrede met myself

Want ek sing die taal van my hart
Hoor die taal van my hart
En al klink ek soms gebroke
Gebroke en verward
Dit is die taal van my hart

Jy kan my vat net soos ek is
Jy mag van my hou
Jy mag my ook haat
Ek is wie ek is
Dit is my wêreld
Dit is my stem

Mmmm
Mmmm
En al klink ek soms gebroke
Gebroke en verward
Dit is die taal van my hart
Dit is die taal van my hart
Dit is die taal van my hart

Beliebteste Lieder von Jo Black

Andere Künstler von Pop rock