Een Klein Klippie

CHRISTOPH KOTZE, JO ENGELBRECHT, JOHAN VORSTER

Staan op
Jy weet
Jy moet elke oggend hard werk om te kry wat jy wil eet

Daars hoop
Bly net glo
Die genade kom in stukkies, dit val soos reën van bo

Staan op
Daars meer
Daar is meer as een manier om al jou seëninge te meet

Bly hoop
Deur die seer
Al val jy oor die klippe, bly die Here in beheer

Dit vat net een klein klippie om 'n reus plat te slaan
'n Klein vlam in die donker om 'n veldbrand te maak
Lig jou hande na die hemel
Gooi jou sorge vir die wind
Verbreek die hel se kettings wat jou elke dag verbind
Jy moet weet
Jy kan net vorentoe gaan

Staan op
Nog 'n keer
Elke lente kort die winter om die bloeisels te waardeer

Bly glo
Op jou knieë
Dis die storms wat jou vorm, daars nog soveel om te leer

Dit vat net een klein klippie om 'n reus plat te slaan
'n Klein vlam in die donker om 'n veldbrand te maak
Lig jou hande na die hemel
Gooi jou sorge vir die wind
Verbreek die hel se kettings wat jou elke dag verbind
Jy moet weet
Jy kan net vorentoe

Al kyk jy op en jy twyfel
En die winde in die weste waai
Moet jy weet
Dit sal verander
Soos die aarde om seisoene draai

Dit vat net een klein klippie om 'n reus plat te slaan
'n Klein vlam in die donker om 'n veldbrand te maak
Lig jou hande na die hemel
Gooi jou sorge vir die wind
Verbreek die hel se kettings wat jou elke dag verbind

Dit vat net een klein klippie om 'n reus plat te slaan
'n Klein vlam in die donker om 'n veldbrand te maak
Lig jou hande na die hemel
Gooi jou sorge vir die wind
Verbreek die hel se kettings wat jou elke dag verbind
Jy moet weet
Jy kan net vorentoe gaan

Vorentoe gaan

Beliebteste Lieder von Jo Black

Andere Künstler von Pop rock