Skepe

CHRISTOPH KOTZE, JO ENGELBRECHT, JOHAN VORSTER

'n Skip word in 'n hawe gebou
'n Skip lyk in 'n hawe
Baie mooi vir my en jou
Maar dis nie waarvoor skepe gemaak word nie

Die storms en die winde sal waai
Hys jou seile hoog
Want een of ander tyd moet die tyding draai
Laat die kompas van jou siel weer jou hart bepaal
Kry jou maste reg
Haal die anker uit, in die rigting van die suiderkruis

Ons is gemaak om uit te gaan
Op die golwe van die diepste oseaan
Ons vind ons rigting in die sterre en die helder maan
Ons is gemaak in hoop se naam
Ons is gemaak om uit te gaan

Die lewe sal jou gooi en jou rondruk
Soms voel dit of jy sink
Maar jy moet net jou voete soos Petrus vind
En dalk net weer glo soos 'n kind

Hou net koers, want soms kom die twyfel
Dit gaan meer oor hoe jy opstaan en minder oor hoe jy struikel
Moenie vrees as die waters rof raak nie
Tel jou skouers op
Voel jou hart weer klop

Ons is gemaak om uit te gaan
Op die golwe van die diepste oseaan
Ons vind ons rigting in die sterre en die helder maan
Ons is gemaak in hoop se naam
Ons is gemaak om uit te gaan

Stuur jou skip nou deur die poorte (Die poorte)
Ons hoop is meer as net leë woorde (Leë woorde)
Jy's in beheer van jou bestemming (Jou bestemming)
Hoe jy daar uitkom is jou eie besluit

Ons is gemaak om uit te gaan
Op die golwe van die diepste oseaan
Ons vind ons rigting in die sterre en die helder maan
Ons is gemaak in hoop se naam
Ons is gemaak om uit te gaan
Op die golwe van die diepste oseaan
Ons vind ons rigting in die sterre en die helder maan
Ons is gemaak in hoop se naam
Ons is gemaak om uit te gaan

Beliebteste Lieder von Jo Black

Andere Künstler von Pop rock