Dorings vir Ma
Dae weke maande
Stil alleen die aande
Soos sy daar sit weet ek dat sy bid
En oor haar wange loop daar trane
Voor haar staan ‘n ruiker
‘n Kaartjie is daaraan
Sy lees dit deur en voel die seer
Want daar is dorings wat haar pla
Voor haar staan ‘n ruiker
‘n Kaartjie is daaraan
Sy lees dit deur en voel die seer
Want daar is dorings wat haar pla
Hier is weer ‘n ruiker
En ‘n kaartjie is daaraan
Sy lees dit deur en sy glimlag weer
Want daar’s geen dorings wat meer pla
Uit my hart is hier ‘n ruiker
Met ‘n kaartjie daaraan
Sy lees dit deur en sy glimlag weer
Want daar’s geen dorings wat meer pla