Sprei Jou Vlerke My Kind

MANIE JACKSON, BERND MEINUNGER, ALFONS WEINDORF

Soos ek staan en kyk hoe jy slaap
Kom daar trane en weemoed in my oë
Want ek weet die dag kruip nader
Wat ek jou
Moet laat gaan

Sprei jou vlerke wyd en vlieg nog hoër my kind
En onthou vir altyd die band wat ons twee bind
Dan sal jy weet dat ek altyd aan jou dink
Jou toekoms wink waar die sterre blink

Ek onthou jou kleintyd se sêgoed
Ek sien weer jou speelgoed rondlê
Daardie tyd voel nog soos gister
Toe jy sag met jou kop op my skoot kom lê

Sprei jou vlerke wyd en vlieg nog hoër my kind
En onthou vir altyd die band wat ons twee bind
Dan sal jy weet dat ek altyd aan jou dink
Jou toekoms wink waar die sterre blink

My wens net vir jou is lewensvreugde
Die lewe roep
Net vir jou my kind

Jy moet net weet dat ek altyd aan jou dink
Jou toekoms wink waar die sterre blink
Jou toekoms wink net vir jou my kind

Wissenswertes über das Lied Sprei Jou Vlerke My Kind von Manie Jackson

Wer hat das Lied “Sprei Jou Vlerke My Kind” von Manie Jackson komponiert?
Das Lied “Sprei Jou Vlerke My Kind” von Manie Jackson wurde von MANIE JACKSON, BERND MEINUNGER, ALFONS WEINDORF komponiert.

Beliebteste Lieder von Manie Jackson

Andere Künstler von Schlager music