As Ek Jou Verloor
As ek jou verloor sal my siel se ruite
My hier binne hou en vir jou daar buite
As ek jou verloor het die son nie meer lewe nie
Jy’s die rede dat my hart kan asem haal
As ek jou verloor kan ek ophou lewe
Jy’s wie ek is en jy’s my verlede
As ek jou verloor sal die sterre stof word teen die nag
Jy’s die rede dat my siel vir ewig wag
As ek jou laat gaan gaan die tyd my nie hou nie
Sal ek ophou staan want daar’s niks meer daar nie
As jy my vergeet kan ek alles wat ek is laat gaan
Jy’s die rede dat my liggaam regop staan
As ek jou verloor kan ek ophou lewe
Jy’s wie ek is en jy’s my verlede
As ek jou verloor sal die sterre stof word teen die nag
Jy’s die rede dat my siel vir ewig wag
Jy is die rede
Jy's my antwoord jy’s my lewe
Ek sal nie sonder jou kan leef
As ek jou verloor kan ek ophou lewe
Jy’s wie ek is en jy’s my verlede
As ek jou verloor sal die sterre stof word teen die nag
Jy’s die rede dat my siel vir ewig wag
Jy’s die rede dat my siel vir ewig wag