Deur Sy Oë
Hier waar ek staan
Sien ek soveel trane en pyn
En waar ek gaan
Het vrede al lank reeds verdwyn
Stukkende mense
Gebroke en seer
Verstrooi oor U aarde
Waar donker regeer
Maar deur Sy oë lyk die wêreld anders
En as jy glo sien jy die mooi om jou
En in Sy woord leer Hy Sy kinders
Mekaar weer te sien deur God se oë
Ons tuimel en dwaal
En word deur die winde verwaai
Ons struikel en val
Word deur ons naaste verraai
Maar U bring vertroosting
U Woord is die lig
U Gees is die leidsman
Wat ons streef vir ons rig
Maar deur Sy oë lyk die wêreld anders
En as jy glo sien jy die mooi om jou
En in Sy woord leer Hy Sy kinders
Mekaar weer te sien deur God se oë
Wanneer mense jou vaal en jou hart het verdwaal
Is Hy daar om jou hand vas te hou
Hou net aan met glo
Kyk deur God se oë
Want deur Sy oë lyk die wêreld anders
En as jy glo sien jy die mooi om jou
En in Sy Woord en in Sy Woord leer Hy Sy kinders
Mekaar weer te sien deur God se oë
Deur God se oë
Deur God se oë