Dis Liefde
Twintig kort sekondes om my hart te steel
Twintig kort gedagtes en ek wil alles met jou deel
Eerste drukkie eerste soen dit voel of ek nog droom
Net eenmaal was genoeg vir my toe het ek myself verloor
Dis liefde wat soos ‘n vlam in my brand
En met ‘n vlam in my hart begin die poppe dans
Die liefde gooi flikker flikkers vanaand
Dis hoe die liefde maak
Sewe lange dae voor ek jou weer sien
Sewe lange nagte hoe het ek een soos jy verdien?
Laaste afskeid laaste groet ek het my maat gekry
Laaste keer so weg van jou dan vat ek jou vir my
Dis liefde wat soos ‘n vlam in my brand
En met ‘n vlam in my hart begin die poppe dans
Die liefde gooi flikker flikkers vanaand
Dis hoe die liefde maak
Voel jy ook die warmte?
Die hitte om jou hart?
Sien jy ook die skynsel wat gloei om ons vanaand?
Dis liefde wat soos ‘n vlam in my brand
En met ‘n vlam in my hart begin die poppe dans
Die liefde gooi flikker flikkers vanaand
Dis hoe die liefde maak
Dis hoe die liefde maak