Gebed Vir 'n Kind
Jy is skaam, slaap maar sag
Deur die nag hou ek stil oor jou wag
Laat jou droom, jou maar neem
Na ‘n land waar net sprokies bestaan
In gebed, volg ek jou
Om te keer teen die grootword se seer
Is daar ’n gebed vir elke kind alleen en op straat
Deur grootmense verlaat?
Selfs ‘n Kindjie klein kon engele laat sing
Stille nag heilige nag
Daardie Kindjie klein het liefde gebring
Uit die Heer se eie hand
Slaap maar sag, kleine skaap
Jy’t die heel beste deel van my hart
Klein geskenk, van die Heer
Jy’t my alles van liefde kom leer
My gebed, net vir jou
Is dat die Vader jou veilig sal hou
Dit is my gebed vir elke kind
Tot elke mens sal weet ‘n kind is net geleen
Selfs ‘n Kindjie klein kon engele laat sing
Stille nag heilige nag
Daardie Kindjie klein het liefde gebring
Uit die Heer se eie hand
En ‘n ster het self die weg gewys
Op ‘n stille nag ‘n heilige nag
Na die Koningskind uit Bethlehem
Uit die Heer se hart gestuur
En die Heer het self sy engel gestuur
Om te waak oor daardie Kind
So sal Hy ook al ons kinders bewaar
Dit is my gebed vir elke kind
Ja dit is my gebed vir elke kind