In die Blomtuin
Ek staan in die blomtuin alleen
En die dou skyn nog op die rose
Toe ek 'n stem daar hoor, saggies in my oor
Dit was die stem van Jesus
Met Sy stem so soet streel Hy my gemoed en vertel my ek is Sy kind
En met sielevreug het Hy my verheug soos niemand hier ondervind
Die klank van Sy stem was so soet
Dat die voëltjies almal moes luister
En 'n melodie het Hy my gegee
Wat in my hart nog fluister
Met Sy stem so soet streel Hy my gemoed en vertel my ek is Sy kind
En met sielevreug het Hy my verheug soos niemand hier ondervind
Ek bly in die blomtuin by Hom
Ja al word die nag ook hoe duister
Want Hy sê vir my Hy sal by my bly
In my leed hoor ek Hom fluister
Met Sy stem so soet streel Hy my gemoed en vertel my ek is Sy kind
En met sielevreug het Hy my verheug soos niemand hier ondervind
Soos niemand hier ondervind