Jy Het My Hart Verlei
Soggens as ek opstaan
En uit die huis gaan
Dink ek maar net aan jou
Voor ek aan die slaap raak
Die aand wat stil raak
Droom ek maar net van jou
Jy het my hart verlei
Laat ek dit nou hier bely
Al wat ek soek is jy
Want jy het my hart so verlei
Al die mense om my
Dink ek gaan seerkry
My hart so vol van jou
Almal wil my waarsku
Jy gee nie om nie
Maar ek hoort klaar aan jou
Jy het my hart verlei
Laat ek dit nou hier bely
Al wat ek soek is jy
Want jy het my hart so verlei
Vir als verlore
Droom net van jou
Vir geen ander beskore
Al sou ek wou
Jy het my hart verlei
Laat ek dit nou hier bely
Al wat ek soek is jy
Want jy het my hart so verlei
Want jy het my hart so verlei
Jy het my hart so verlei