Kom Saam Met My
Soveel jare terug het ek jou ontmoet
Ons het alles saam gedoen
En die glimlag om jou mond was soet
Toe groet jy my met 'n soen
My meisie weet jy dat dit moeilik was?
Maar my hart is nou so bly
Jy weet baie goed dat ons twee pas
Ja jy kom weer terug na my
Kom saam met my ons sweef die wêreld rond
Los al jou sorge onder op die grond
Ek voel so veilig met jou aan my sy, oor die wolke voel ons vry
Kom saam met my ons sweef die wêreld rond
Ek sien 'n glimlag stralend om jou mond
Net solank jy altyd by my bly, oor die wolke is ons vry
Ek en jy
Jy moes kies of jy by my wou wees
En ek het maande lank gewag
Toe ek gister al jou briewe lees
Skyn die son verby jou nag
Jy skryf vir my jy is nog lief vir my
Dat jy weer wil terug kom
My meisiekind jy maak vir my so bly
Jy draai my hele wêreld om
Kom saam met my ons sweef die wêreld rond
Los al jou sorge onder op die grond
Ek voel so veilig met jou aan my sy, oor die wolke voel ons vry
Kom saam met my ons sweef die wêreld rond
Ek sien 'n glimlag stralend om jou mond
Net solank jy altyd by my bly, oor die wolke is ons vry
Ek en jy
Kom saam met my ons sweef die wêreld rond
Los al jou sorge onder op die grond
Ek voel so veilig met jou aan my sy, oor die wolke voel ons vry
Kom saam met my ons sweef die wêreld rond
Ek sien 'n glimlag stralend om jou mond
Net solank jy altyd by my bly, oor die wolke voel ons vry
Ek en jy