Moenie Dink Ek Dink Nie Meer Aan Jou Nie
Ek het die pad gevat vir ‘n oomblik het ek kop verloor
Ek het goed gesê wat jy nie moes hoor nie
In stof en rook en tussendeur al die trane deur
Daardie aand het ek jou verloor
Moenie dink ek dink nie nou aan jou nie
Hier saam my brandewyn pelle dis whisky en dis bier
Moenie dink ek dink nie nou aan jou nie
O ek wens ek kon my hart na jou toe stuur
Ja ek wens ek kon my hart na jou toe stuur
Alles was te goed vir jou om waar te wees
Jou woorde sny jou oë kyk nog reg deur my
Gebreek gelaat my beste maat was jy gewees
Ek verlang na jou
Kan tyd genees?
Moenie dink ek dink nie nou aan jou nie
Hier saam my brandewyn pelle dis whisky en dis bier
Moenie dink ek dink nie nou aan jou nie
O ek wens ek kon my hart na jou toe stuur
Ja ek wens ek kon my hart na jou toe stuur
Ja ek het dood gegaan toe ek jou siel vermoor
Vir die eerste keer toe ek verdwaal toe het ek jou verloor
Elke keer toe ek jou soek was jy net minder daar
En toe moes jy my laat gaan want ek was vir jou te swaar
Ja ek was vir jou te swaar dis waar
Moenie dink ek dink nie nou aan jou nie
Hier saam my brandewyn pelle dis whisky en dis bier
Moenie dink ek dink nie nou aan jou nie
Ja ek wens ek kon my hart na jou toe stuur
Moenie dink ek dink nie nou aan jou nie
Hier saam my brandewyn pelle dis whisky en dis bier
Moenie dink ek dink nie nou aan jou nie
O ek wens ek kon my hart na jou toe stuur
Ja ek wens ek kon my hart na jou toe stuur
Ja ek wens ek kon my hart
Na jou toe stuur