Net Jy
Ek ken al die soet en die bitter
En ek sien soveel sterre wat skitter
Lief en leed is daar veel soos jy weet
Maar vir my is daar altyd net jy
Ek weet daar is eensame nagte
En dit breek soveel wagtende harte
Lief en leed is daar veel soos jy weet
Maar vir my is daar altyd net jy
Selfs die gedagte dat ek jou dalk eendag af moet staan
En dat ‘n ander man dan in my plek kan staan
Maak my so bang want ek weet nou dat ek net nie voort kan gaan
As ek moet aanhou sonder jou
Ek kyk na die bome en blomme
En dit bly tog maar altyd ‘n wonder
Lief en leed is daar veel soos jy weet
Maar vir my is daar altyd net jy
Selfs die gedagte dat ek jou dalk eendag af moet staan
En dat ‘n ander man dan in my plek kan staan
Maak my so bang want ek weet nou dat ek net nie voort kan gaan
As ek moet aanhou sonder jou
Daar’s wel soveel liefdesverhale
Wat vertel van die vreugde en trane
Lief en leed is daar veel soos jy weet
Maar vir my is daar altyd net jy
Net die gedagte dat ek jou dalk eendag af moet staan
En dat ‘n ander man dan in my plek sal staan

Sonder jou