Net 'n Ma
Ek kyk deur my fotos
En ek kan onthou
Hoe ons kleintyd gespeel het
Die vroegaand se grou
Daar voor op die grasperk
Stukkie groen voor die stoep
Waar my ma soms gesit het
Tot sy ons binnetoe roep
Dis net ‘n ma wat alles weet
Sonder ‘n vraag haar liefde gee
Dis net ‘n ma wat jou hartseer sien
‘n Druk en ‘n soen sê my kind ek het jou lief
Ek onthou elke Sondag
As die familie kom eet
Hoe my ma ons geleer het
Om te wag vir ons beurt
Die nefies en niggies
Het albaster gespeel
My ma wat haar seunskind
Oor sy krulhare streel
Dis net ‘n ma wat alles weet
Sonder ‘n vraag haar liefde gee
Dis net ‘n ma wat jou hartseer sien
‘n Druk en ‘n soen sê my kind ek het jou lief
En is ek somtyds ver van haar
Verlang ek soos ‘n kind
Maar soos ‘n kind weet ek my ma is altyd daar
Dis net ‘n ma wat alles weet
Sonder ‘n vraag haar liefde gee
Dis net ‘n ma wat jou hartseer sien
‘n Druk en ‘n soen sê my kind ek het jou lief
‘n Druk en ‘n soen sê my kind ek het jou lief