Speelgoed

Sorgvuldig pak ek een vir een
Die speelgoed uit die kas
Die speelgoed van ‘n seuntjie
Wat ‘n wyle myne was

Hy was maar net aan ons geleen
Dit sou die tyd ons leer
Niemand kan ooit ‘n ander besit nie
Ons hoort almal aan die Heer

Die treintjie aan klein Gideon
Die vliër aan Johan
Vir Japie die groen trekker
Met die sleepwa agteraan

So deel ek al die speelgoed
In my gedagtes uit
Dis beter om dit weg te gee
As om dit weg te sluit

Hy was so mededeelsaam
Hy sou dit so wou hê
Dat die speelgoed eerder vreugde bring
As net daar in die kas lê

Ek mis my kind oneindig
Maar daar is tog iets wat my verbly
Want ek weet die mooiste engel
In die Hemel is hy

Ek het geen doel tot kommer
My kind is veilig daar
Bo in sy Hemel woning
Saam met engele geskaap

Die bitter smaak van skeiding
Sal eendag wees soet
Wanneer die mooiste engel
In die Hemel my begroet

Hy was so mededeelsaam
Hy sou dit so wou hê
Dat die speelgoed eerder vreugde bring
As net daar in die kas lê

Ek mis my kind oneindig
Maar daar is tog iets wat my verbly
Want ek weet die mooiste engel
In die Hemel is hy

Ek mis my kind oneindig
Maar daar is tog iets wat my verbly
Ek weet die mooiste engel
In die Hemel is hy
Ek weet die mooiste engel
In die Hemel is hy

Beliebteste Lieder von Manie Jackson

Andere Künstler von Schlager music