Stop, Kyk en Sien
Jy’s lank reeds in my drome
Met elke someraand
Daar was nog altyd plek vir jou
In my foto raam
Al het jy my nie geken nie
Was jy altyd daar
Die tyd het ons saam gebring
Ons harte saam gebind
Stop en kyk en sien
Daar’s liefde in my oë
Al moes die kronkelpad ons neem
Op vreemde verre paaie
Die liefde wat ons twee nou het
Is vir ons beskore
So stop en kyk en sien dit nou die liefde binne my
Om te wag was wel die moeite werd
Alles het ‘n tyd
Geduld is nie te veel gevra
Vir iemand soos jy
En al die steiltes en doodloop paaie
Het ons twee sterker gemaak
Die jare het ons saam gebring
Ons harte saam gebind
Die jare was genadig
Soveel aande om gebid
Bly vir altyd in my lewe
Jy kan jou hart in my hande sit
Stop en kyk en sien
Daar’s liefde in my oë
Al moes die kronkelpad ons neem
Op vreemde verre paaie
Die liefde wat ons twee nou het is vir ons beskore
So stop en kyk en sien dit nou die liefde binne my
So stop en kyk en sien dit nou die liefde binne my