Wat Jy Is
Ek sien jou in die ruimtes
Wat my nou omring
En ek hoor jou in die stilte
Jou stem wat die lewe besing
Niks kan jou vervang nie
Niemand is soos jy
En ek hou nie op verlang
Dink jy ook soms aan my?
Jy’s die son se eerste strale
Elke dag
Jy’s die droom waaraan ek vashou
In die nag
Jy’s my hart se eie hawe
Die mooiste brief
Dis wat jy is
Daarom het ek jou lief
Jou voetval in die gange
Waar al jou fotos nog hang
En jou lag dra nog in die kamers
Van ons mooiste tye saam
Nooit sou ek kon raai nie
Dat ek ooit sonder jou sou wees
My wêreld wil nie draai nie
My arms voel so leeg
Jy’s die son se eerste strale
Elke dag
Jy’s die droom waaraan ek vashou
In die nag
Jy’s my hart se eie hawe
Die mooiste brief
Dis wat jy is
Daarom het ek jou lief
Jy’s die son se eerste strale
Elke dag
Jy’s die droom waaraan ek vashou
In die nag
Jy’s my hart se eie hawe
Die mooiste brief
Dis wat jy is
Daarom het ek jou lief
Dis wat jy is
Daarom het ek jou lief