Wit Dorings
Wit en skynbaarheid
Tog die punte skerp en swart
Geskape uit diep ongehoorsaamheid
Om te pynig en herinnering
Aan ‘n tyd wat nooit was
En die mense wil om eie wil toe te pas
Verlei deur die finyn wat die opper bose gees
Uit die vrug van daardie boom die dood bewerk
Menslikheid en stoflikheid en oordeel het gekom
Die dorings en die distels het geblom
En nou is Sy genade vir my sondaar genoeg
Sy liefde laat my hunker na Sy bors
My siel is in Sy hande ek is maar net die klei
En soos dit Hom behaag maak en vorm Hy my
En toe die groot genade van ‘n Seun aan ons gegee
Om die skandplek van die sonde weg te was
Die kruishout op die koppie die geesels skop en slaan
En die doringkroon met punte sonder skaam
Die spykers breek deur murg en hout, brein bloed bevlek die balk
Die son die dors die leiding die spotkring
U naam word bo die kruis die Koninglike tarting
En die roepstem die dag en dis volbring