Exodus

Ek het die nommer van ‘n engel
Op my arm
‘n Nota oor begeerte
Teen my muur

Baie nuwe kepe
Op my kerfstok
Op my rug
Op my rug die merke van ‘n dier

En elke bier
Wat die waitress bring
Maak haar mooier

Elke keer
Wat die son opkom
Is dit rooier

Iets in my oë
Belemmer my view
As ek val in die sand
Begin ek te skreeu

Ek gaan op ‘n date
Saam met Desember
Al my vriende en ek weet
Ek verlang na November

Sy het my vertel
Sy sou bel
Nou gaan maak ek weer ‘n draai
In my jongmanshart se hel

En sy sê
Kom kuier vir my
In Stellenbosch
Ek sê
Stellenbosch is ver

Maar ek dink ek gaan

Wissenswertes über das Lied Exodus von Klopjag

Wann wurde das Lied “Exodus” von Klopjag veröffentlicht?
Das Lied Exodus wurde im Jahr 2004, auf dem Album “15de Laan” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Klopjag

Andere Künstler von