Rol Van Die Dice
Hy bly in Proesstraat
Daar's 'n Metro, straatkafees en freelance wapenhandelaars
Hy staan lewenddood voor 'n garagedeur sy sigaret en rook
En hy dink by hom self
As die skerwe van die spieëls om hom dans
Dan wens hy, hy kan eenkeer
Net een keer
Die dice self rol
Hier's iets van alles
Regters, straatverkopers, staatsamptenare en karwagte loop flink verby
Hy erken skielik 'n man
En bedel skaamteloos 'n sigaret by hom
Die man frons
En gee
Hy glimlag
En vat
As die skerwe van die spieëls om hom dans
Dan wens hy, hy kan eenkeer
Net een keer
Die dice self rol
Hy sien alles, hoor alles, glo alles maar vertrou niemand
En in die aande as Proesstraat stil loop
Dan los hy die illusie van keuses vir nog 'n dag
As die skerwe van die spieëls om hom dans
Dan wens hy, hy kan eenkeer
Net een keer
As die skerwe van die spieëls om hom dans
Dan wens hy, maar weet hy
Hy sal eendag
Die dice self rol