Troos

Ek kan jou nie troos nie
Ek kan net probeer
Ek weet jy moes ver loop
Met 'n bakhand vir hartseer

Ek kan jou nie troos nie
Ek kan net probeer
My woorde is wat dit is
Dis net woorde

En vanaand is 'n slegte tyd om alleen te wees
En vanaand is 'n goeie tyd om 'n bietjie te vergeet
Te vergeet

So sug en vee af jou trane
Vanaand sal dit net reën by jou
Omdat jy so daarvan hou
So daarvan hou

Ek kan jou nie troos nie
Ek kan net probeer
Gif en genesing
Kom uit dieselde angel

Ek kan jou nie troos nie
Maar ek wil probeer
Ek's net 'n omstander
By alles wat gebreek het hier

En vanaand is 'n slegte tyd om alleen te wees
En vanaand is 'n goeie tyd om 'n bietjie te vergeet
Te vergeet

So sug en vee af jou trane
Vanaand sal dit net reën by jou
Omdat jy so daarvan hou
So daarvan hou

So sug en vee af jou trane
Vanaand sal dit net reën by jou
Omdat jy so daarvan hou
So daarvan hou

Liefde is 'n grenspos op 'n warm dag hier in Afrika
Liefde is twee kinders op 'n bus oppad êrens heen
Liefde is 'n foto van 'n reënboog in swart en wit
Liefde is iemand wat hoop en bid
En glo en wens
Hy kan jou eendag
Verdien

Wissenswertes über das Lied Troos von Klopjag

Wann wurde das Lied “Troos” von Klopjag veröffentlicht?
Das Lied Troos wurde im Jahr 2008, auf dem Album “Musiek Vir Die Agtergrond” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Klopjag

Andere Künstler von