24 Uur

Op 'n springkasteel
Bou ek 'n lugkasteel
Ek wonder hoe dit sal wees, ek wonder hoe jy my lees

Want ek dink alweer
Dink aan elke keer
Ek moet jou vergeet, ek weet, ek sweer ek probeer, maar ek kannie

24 Uur was genoeg vir jou om alles in twee te vou
En 24 uur, en ek wonder by myself
Hoe lank gaan hierdie girl
In my kop nog delf

Jy's 'n lucky strike
Al is dit nou net vir iemand anders
Jy brand korter en korter soos die lont van 'n bom
En as jy ontplof byt die wêreld in jou stof

Jy is elke boek
Wat nog ooit geskryf was
Jy weet mans is van hemel en vrouens
Van Verkeerdevlei

24 Uur was genoeg vir jou om alles in twee te vou
En 24 uur, en ek wonder by myself
Hoe lank gaan hierdie girl
In my kop nog delf

Hello, hoe gaan dit, goed dankie met jou, nee ag wat ek is rustig ek doen nie veel nie
Dis, dis baie nice, dis mooi so
Ah, hoe, hoe gaan dit met jou ma-hulle
Nee, nee dit gaan ook goed dankie, gaan goed dankie, so hoe gaan dit met jou ma-hulle?
Nee baie goed dankie, hulle bekommer net vreeslik want ek skryf nou baie toetse
Wel ek, ek ken van toetse
Ek druip jou altyd
Sonder herre of siekes, beëdigde verklarings of slim praatjies met proffies

24 Uur was genoeg vir jou om alles in twee te vou
En 24 uur, en ek wonder by myself

Hoe lank gaan hierdie girl
In my kop nog delf

Wissenswertes über das Lied 24 Uur von Klopjag

Wann wurde das Lied “24 Uur” von Klopjag veröffentlicht?
Das Lied 24 Uur wurde im Jahr 2002, auf dem Album “13/02” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Klopjag

Andere Künstler von