Als Wat Jy Het
Als wat jy het sal jou nie kan optel nie
Als wat jy droom sal kom vreet aan jou kleur
Als wat jy lief het sal soms net na jou staar
Als wat jy nie wil hê nie het jy klaar, jy't dit klaar
En als wat jy kan voel sal minder word
Totdat alles wat jy oorhou
Niks is nie
Niks is nie
Als wat jy weggee sal kettings om jou draai
Als wat jy nog wou doen sal vir ewig ongedaan moet bly
Als wat jy hoop sal op jou nek kom lê
Als wat jy oorhou
Is net wat jy kan onthou, kan onthou
En als wat jy kan voel sal minder word
Totdat alles wat jy oorhou
Niks is nie
Niks is nie
Niks is nie
En jou hoop hoop op, want jou tyd raak min
En jy verloor jou call want jy weet
Als wat jy kan voel sal minder word
Totdat alles wat jy oorhou
Niks is nie
Niks is nie
Niks is nie
Niks is nie
Niks is nie
Niks is nie