Boks

Gee my net 'n gap
Tussen jou vooropgestelde idees
Wat jy het
Oor my

Gee my net 'n kans
Om my kant te stel
Om te sê wat ek dink
Voordat jy my
In jou boks wil druk

Glo net wat jy wil glo
Gee net wat jy wil gee
Hoor net wat jy wil hoor
Sien net wat jy wil sien

Sê net wat jy wil sê
Vat net wat jy wil hê
En loop
Voordat jy my in jou boks wil druk

Hoe verduidelik jy
Dit wat jy nie verstaan nie?
Hoekom voel mens dit
Dit wat jy nie wil voel nie?

Persepsies en opinies
Word jou realiteit
Wanneer is genoeg genoeg?
Wanneer is genoeg genoeg?

Glo net wat jy wil glo
Gee net wat jy wil gee
Hoor net wat jy wil hoor
Sien net wat jy wil sien

Sê net wat jy wil sê
Vat net wat jy wil hê
En loop
Voordat jy my in jou boks wil druk

'n Oog vir 'n oog
'n Tand vir 'n tand
Hoe soet is jou wraak?
Hoe sout is jou wond?
Hoeveel stroop sit om jou mond?

Glo net wat jy wil glo
Gee net wat jy wil gee
Hoor net wat jy wil hoor
Sien net wat jy wil sien

Sê net wat jy wil sê
Vat net wat jy wil hê
En loop
Voordat jy my in jou boks wil druk

Wissenswertes über das Lied Boks von Klopjag

Auf welchen Alben wurde das Lied “Boks” von Klopjag veröffentlicht?
Klopjag hat das Lied auf den Alben “Album 3” im Jahr 2005 und “5” im Jahr 2007 veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Klopjag

Andere Künstler von