Ice Scream en Vla

My sigarette is op
Ek drink my laaste dop
My hart is vol pyn
Ek's gefire by my myn
My vrou lê kwaad op die mat (Ja, ek's kwaad)
Want die bank, die bank het die tv kom vat

Maar ek dink aan die dae wat ek ice cream kon eet met vla
En ek dink aan die dae wat jy en jou ma in 'n ander huis kon kla
Kon kla

Asseblief hou net op kla

Wagter is honger op wag
En ons sit weer hier binne sonder krag

My laaitie is nou ses
Nie slim nie maar hy probeer sy bes
Ek staan deesdae baie meer
En my knieë, my knieë raak seer
Oh, ek staan deesdae baie meer
Want die bank
Die bank het die bank kom vat

Maar ek dink aan die dae wat ek ice cream kon eet met vla
En ek dink aan die dae wat jy en jou ma in 'n ander huis kon kla
Kon kla

Maar ek dink aan die dae wat ek ice cream kon eet met vla
En ek dink aan die dae wat jy en jou ma
In 'n ander huis kon kla

Beliebteste Lieder von Klopjag

Andere Künstler von