Koeeldoppies en Half Kaal Vrouens

Vandag
Is koeëldoppies en halfkaal vrouens aan die orde van die nag
Vandag
Lê almal wakker in die laatnag as die honde vir die skaduwees begin blaf

Vandag het iemand 'n rugsak in my kar vergeet en ek
Ek sien 'n lont en ek
Ek ruik petrol

Vandag is daar 'n ou tannie in die middel van die teerpad en die bus het nie brieke nie
Maar Superman is besig om 'n trein te stop

En dan vra ek jou waar's my hero's nou, het almal dan gaan vakansie hou?
En dan vra ek jou waar's my hero's nou, is al my hero's dan nou dood my ou?

Vandag
Vandag is daar 'n vrou op elke hoek met 'n bose driftige geaardheid en 'n skerp, skerp tong

Soos ek verby stap hou sy my dop, sy trek haar mini bietjie op sê, hey jy, ja jy, ek sê hey
Kom 'n bietjie hier jong

Vandag, vandag het Anton Pieter Gouws gedog hy sien die rooinekke hou hom dop
En hy rook Lucky Strike, maar hy voel nie baie lucky nie

En dan vra ek jou waar's my hero's nou, het almal dan gaan vakansie hou?
En dan vra ek jou waar's my hero's nou, is al my hero's dan nou dood my ou?

Die aap loop in die paadjie sonder broek of baadjie, dis ja-ja
Dit bly net ja-ja
Die trein staan op die stasie, maar die fluitjie wil nie blaas nie, dis ja-ja
Dit bly net ja-ja

Ja, ja, ja, ja, ja
Daar val die apie van die berg af, berg af
Ja, ja, ja, ja, ja
Daar val die apie van die berg af, berg af

'n Koei wat nie met 'n bul ringking se melk kan ek mos glad nie drink, dis ja-ja
Dit bly net ja-ja
'n Vroutjie wat nie vry nie kan nie lekker hey nie, dis ja-ja
Dit bly net ja-ja

Ja, ja, ja, ja, ja
Daar val die apie van die berg af, berg af
Ja, ja, ja, ja, ja
Daar val die apie van die berg af, berg af

As Bobbie nie kan speel nie dan pla dit my nie veel nie, dis ja-ja
Dit bly net ja-ja
As 'n karwag eers met my begin dan maak dit my de bliksem in, dis ja-ja
Dit bly net ja-ja

Ja, ja, ja, ja, ja
Daar val die apie van die berg af, berg af
Ja, ja, ja, ja, ja
Daar val die apie van die berg af, berg af

Wissenswertes über das Lied Koeeldoppies en Half Kaal Vrouens von Klopjag

Wann wurde das Lied “Koeeldoppies en Half Kaal Vrouens” von Klopjag veröffentlicht?
Das Lied Koeeldoppies en Half Kaal Vrouens wurde im Jahr 2002, auf dem Album “13/02” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Klopjag

Andere Künstler von