Liedjie Vir Die Besemtannie

Sy's so gemaak en so laat staan
Deur al die winde en die storms
Van haar bestaan

Besem in die hand
Vee sy ons sypaadjie
Soms
As ek verby stap

Sy was jonk en hy was vreemd
Sy oë was blou, haar rok was pers
Hy't haar hart gesteel
Toe hy sê
Maar jy lyk so mooi soos 'n Bybelvers

Sy sê sy't alles nou vergeet
Waaraan kan 'n mens die hartseer meet?
Nou vee sy maar tot die stof gaan lê
En die skrapnel van haar hart in die pad bly lê

Sy hoor die rand het weer geval, sulke sinnelose nuus maak haar soms mal
Gaan niemand iets sê oor die vrouens van die nag
Wat haar sypaadjie
So vol stof betrap

Sy sê sy't alles nou vergeet
Waaraan kan 'n mens die hartseer meet?
Nou vee sy maar tot die stof gaan lê
En die skrapnel van haar hart in die pad bly lê

Sy het alles nou vergeet
Waaraan kan 'n mens die hartseer meet?
Nou vee sy maar tot die stof gaan lê
En die skrapnel van haar hart
In die pad bly lê

Wissenswertes über das Lied Liedjie Vir Die Besemtannie von Klopjag

Wann wurde das Lied “Liedjie Vir Die Besemtannie” von Klopjag veröffentlicht?
Das Lied Liedjie Vir Die Besemtannie wurde im Jahr 2007, auf dem Album “5” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Klopjag

Andere Künstler von