N1 Roete

Ou Kaapstad was van altyd af
Nog baie mooi vir my
En ek sou baie graag net hier teen Tafelberg wou bly
Waar die Kaapse dokter dikwels kwaai oor Duiwelspiek die stad indraai
En al wat leef en beef die baai wil inwaai

En waar jy ook vandaan kom
Daar’s ‘n plekkie vir jou êrens hier
‘n Snelweg selfs, van Seepunt af
Wat lei na nêrens nie

Maar Rhodes staan sonder woorde
In die tuin en wys my waar die noorde is
En weet ek dis na jou wat ek verlang

Want my huis is waar my hart is
En my hart is daar by jou
Al die vreugde van ou Kaapstad
Is teen jou gemeet maar flou

Want my huis is waar my hart is
En my hart is in my motor
Wat die N1 roete noord volg tot by jou, tot by jou
Wat die N1 roete noord volg tot by jou

Toe Dias hier verby is
Op die ruwe rug van ‘n stormsee
Het hy die plek die naam
Stormkaap gegee

Miskien het hy ook op daardie dag
Ook na sy huis verlang
Soos ek vanaand teen Tafelberg se hang

Want my huis is waar my hart is
En my hart is daar by jou
Al die vreugde van ou Kaapstad
Is teen jou gemeet maar flou

Want my huis is waar my hart is
En my hart is in my motor
Wat die N1 roete noord volg tot by jou, tot by jou
Wat die N1 roete noord volg
Tot by jou

Wissenswertes über das Lied N1 Roete von Klopjag

Wann wurde das Lied “N1 Roete” von Klopjag veröffentlicht?
Das Lied N1 Roete wurde im Jahr 2004, auf dem Album “15de Laan” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Klopjag

Andere Künstler von