Relatiwiteit

Sal jy tot die been toe wees
Reguit wees met my?
Sal jy onverbiddelik bly
Op die kortste pad tussen jou en my?

En my vertel hoekom jy soms
Berekend sê
Jy ken my nie
Hoe sal ek jou ken?
As ek my nie ken nie?

Ek verloën jou
So opreg dat selfs die haan
Kromrug, verleë vir my kraai

Want so lank die son my wete buig
Verstaan ek van my min
Net dat ek geboë is
Deel van jou boggelliefde
Deel van ons gekromde gewete

Ons skeel waarheid
Wat vergeefs al 13 verlore bewegings
Van my aanwesigheid wou verklaar
En nooit aan jou binneste kon raak nie

Net altyd
So gee dit voor
Ek is

Dus die grade van die driehoek
Tussen jou en my en altyd
Bly onvolledig, illusie
Van ons verstaan relatief

Tot ons gewaande bewustheid
Ek ken jou nie, maar ek weet van jou
Want jy speel so dikwels in my raaisels

Ek verloën jou
So opreg dat selfs die haan
Kromrug, verleë vir my kraai

Want so lank die son my wete buig
Verstaan ek van my min
Net dat ek geboë is
Deel van jou boggelliefde
Deel van ons gekromde gewete

Ons skeel waarheid
Wat vergeefs al 13 verlore bewegings
Van my aanwesigheid wou verklaar
En nooit aan jou binneste kon raak nie

Net altyd
So gee dit voor
Ek is

Wissenswertes über das Lied Relatiwiteit von Klopjag

Wann wurde das Lied “Relatiwiteit” von Klopjag veröffentlicht?
Das Lied Relatiwiteit wurde im Jahr 2002, auf dem Album “13/02” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Klopjag

Andere Künstler von