Rondom My
Ek wil my tyd vat hierdie keer
Ek moet my tyd vat hierdie keer
Want die haastigheid in my het my al veels te veel keer
Onder gekry
My onder gekry
Ek wil my tyd vat hierdie keer
Ek moet my tyd vat hierdie keer
Ek sien die blou in jou deur die bietjie in jou oë
Ek weet daar's dinge wat jou ook nog pla
En dinge wat jou terug hou
Kom wys my wie jy is
En wie jy graag wil wees
Kom wees net jy
Kom wees net jy
So as jy wil tyd vat hierdie keer
Kom vat 'n rukkie by my
As jy tyd wil vat
Kom wees hier rondom my
Kom wees hier rondom my
Kom wees hier rondom my
Net as jy, net as jy wil
Maar net as jy, net as jy wil
Net as jy wil
Kom wees hier rondom my
Kom wees hier rondom my
Kom wees hier rondom my
Maar net as jy wil
Kom wees hier rondom my
Kom wees hier rondom my
Kom wees hier rondom my
Net as jy wil
Net as jy wil