Stiltes
Somtyds is daar stiltes tussen woorde en akkoorde
En somtyds is daar nie
Somtyds is daar 'n boodskap op my foon
En meestal is daar nie
Somtyds is daar stiltes tussen jou en my
En meestal maak dit my bang
Oh want die tyd gaan verby
En die stiltes word al harder tussen ons
Maar die lewe gaan nog voort so op een sad akkoord
En die tyd wat ons inhaal maak my bang
En die ure wat ons mis
Bly aan my hang
Is die woorde of die wysie wat jou laat verder luister
Of is jy net lus om iets te hoor?
Hardloop my horlosie vinniger as joune?
Of gaan als net so gou verby?
Dalk is dit net my internet-konneksie
Dat ek niks meer e-mails van jou kry
Want die tyd gaan verby
En die stiltes word al harder tussen ons
Maar die lewe gaan nog voort so op een sad akkoord
En die tyd wat ons inhaal maak my bang
En die ure wat ons mis
Bly aan my hang
Hier gaan ons nou
Oh want die tyd gaan verby
En die stiltes word al harder tussen ons
Maar die lewe gaan nog voort so op een sad akkoord
En die tyd wat ons inhaal maak my bang
En die ure wat ons mis
Bly aan my hang