Val
Hierdie tye moes heroes bring, hierdie tye
Hierdie tye moes kinders laat sing
En hoekom moes ek die nuus so kry, sonder 'n traan lees hy dit vir my
Vir my
En wat bly oor om te sê as dit stof is wat hy wil hê?
Wat is dit wat ek moet leer, ek vra dit elke keer
Want hierdie ding toets vir my
Hierdie ding kan maak laat ek val
Hierdie ding toets vir my
Hierdie ding kan maak laat ek ook val
Ek hoop sewe keer jou werk was klaar
Ek glo sewe keer jy was okay
Ek bid sewe keer vir jou broers en sewe keer vir die res
Ek sing sewe keer stof vir jou, ek waai elke keer sewe keer
Sewe keer
Sewe keer
Want hierdie ding toets vir my
Hierdie ding gaan maak laat ek val
Hierdie ding toets vir my
Hierdie ding gaan maak laat ek weer val
Want hierdie ding toets vir my
Hierdie ding gaan maak laat ek val
Hierdie ding toets vir my
Hierdie ding gaan maak laat ek weer val