Wens Jy Wil

Daar is 'n boek
Waarin ek skryf oor die dinge wat ek dink
Ek skryf in potlood en koki en gewoonlik net in plain blou ink

Ek skryf om te onthou en ek skryf om te vergeet
Van dorpe en datums, gesigte en name
Maar meestal skryf ek oor jou

Ek weet jy slaap graag laat tot vroeg in die middag
En as jy my bel dan praat ons graag laat tot vroeg in die oggend

Ek weet wat sit jou af en ek weet wat beur jou op
Ek ken jou gunsteling alles
Ek wens ek het geweet hoe jy voel

En ek wens jy wil, ek wens jy wil
Ek wens jy wil kom kuier by my
Kom kuier by my
Ek wens jy wil kom kuier by my

Jy proe toe nes Jack Daniels,
En ek vat nog 'n sluk
En voel hoe ek verdrink, verdrink in jou

Maar ek weet dis nie net vir my wat jy sê
Baby wil jy by my kom lê?
Ek wens nogsteeds jy wil
Kom kuier by my

Ek wens jy wil kom kuier by my
Kom kuier by my
Ek wens jy wil kom kuier en ek wens jy wil hier bly
Want ek weet jy dink ook aan my
Dis van te veel en van te min van jou
Dat die wonder steeds aan my grou

En ek wens jy wil, ek wens jy wil
Ek wens jy wil kom kuier by my
Kom kuier by my
Ek wens jy wil kom kuier by my

Wissenswertes über das Lied Wens Jy Wil von Klopjag

Auf welchen Alben wurde das Lied “Wens Jy Wil” von Klopjag veröffentlicht?
Klopjag hat das Lied auf den Alben “15de Laan” im Jahr 2004 und “5” im Jahr 2007 veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Klopjag

Andere Künstler von